Ds. Johan Cloete

Ds. Johan Cloete

Ds. Johan Cloete is in Nelspruit gebore. Hy voltooi sy skoolloopbaan in Ladysmith, Natal. Tydens 'n Jeugkamp geleentheid gedurende sy matriek jaar, kom hy tot bekering. Nadat hy sy diensplig in die Lugmag voltooi het, begin hy 'n loopbaan in die mynwese.

Uit sy eerste huwelik met Elsa is Tiaan gebore. Hulle was so bykans vyfjaar getroud toe hulle gesin in 'n motor ongeluk betrokke was. Elsa, wat toe swanger was, is in die ongeluk oorlede en hy was baie ernstig beseer. Hulle seun, Tiaan wat toe drie en 'n half jaar oud was, het sy mild in die ongeluk verloor.

Die Here roep hom voltyds tot die bediening en in 1988 begin hy by die kweekskool studeer. In sy tweede jaar ontmoet hy Lizelle en hulle is toe in 1990 getroud.

Na die kweekskool word hulle na Mosselbaai gestuur om 'n gemeente te stig; ja hulle begin met net vyf mense! Vyftien maande later word die Mosselbaai gemeente deur die genade van die Here selfstandig verklaar; dit beteken dat daar meer as 50 lidmate is en dat hulle finansieel onafhanklik is.

Na elf jaar se bediening in Mosselbaai word hulle na Amanzimtoti gestuur waar hulle tot in Durban werk. Daarna was hulle twee jaar werksaam in Ermelo en is nou vir die afgelope vier jaar in die Kempton Park gemeente werksaam.