Seënwense vir die Nuwe Jaar! Ons wil graag hierdie dagstukkie met u deel:
Dit is 'n eer vir 'n man om van twis weg te bly...
Spreuke 20:3
Twis en woede is afgryslik! Terwyl ek onlangs in ’n kettingwinkel gestap het, was ek verstom toe ’n kliënt in woede op sy vrou begin skree en haar met kru-taal harde woorde toesnou. Dit was walglik en talle ander kliënte het, soos ek, my rigting verander en in ’n ander rigting gestap. Die arme vroutjie was in trane van vernedering. Ons teksvers in Spreuke 20:3 spreek verder "... maar elke sot breek los." Salomo leer in Spreuke dat "dit is ’n eer om woede te vermy."
Rusies word veroorsaak deur wrywing wat onder die oppervlakte smeul of ontplof wanneer mense van mekaar verskil. God het ons die hulpmiddel van die vrug van die Gees (Galasiërs 5:22) gegee, onder andere "lankmoedigheid en selfbeheersing." Dit is verseker moontlik om ’n lewe, in Christus, te lei sonder om in woede uit te bars. Elke kind van God kry daagliks te doen met onregverdigheid in die werksplek, verkeersprobleme wat uitdagings aan hul bied, taxi’s wat onverskillig bestuur, maar padwoede kan oorkom word wanneer ek elke dag met die Woord begin. In die woorde van Dawid se gebed in Psalm 31:4 "Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur." Wanneer ek die Heilige Gees toelaat en in volle oorgawe aan SY besturing van my lewe leef, sal ek nooit toegee aan woede-uitbarstings nie.
God het ons Sy Woord gegee en ons moet dit elke oggend en ook saans, geleentheid gee om "die eerste en laaste sê" in ons hart en lewe te hê.
Jesus het aan ons Sy voorbeeld gegee om na te volg wanneer ons uitgetart word."
(Hy) wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie; toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel.
1 Petrus 2:23
Wees stadig om kwaad te word – DIT is oorwinning!
Kom ons kyk terug na wat met ons webtuiste in 2025 gebeur het. Ek wil in alle nederigheid die volgende statistiek met u deel. Onthou alle eer kom die Here toe en hierdie werk is om Sy koninkryk uit te brei: