2022 - Staan vas, die Here is met ons!

Dit is moeilik om te glo dat 2021 uiteindelik tot 'n einde gekom het. Soos ons 2022 binnegaan, glo ek dat ons gereed moet maak vir 'n ongemaklike en intense jaar. Ja, die wêreld waarin ons tans lewe is onderstebo, waar goed "boos" en boos "goed" genoem word. Paulus waarsku dat die intensiteit van die geestelike stryd sal toeneem:

1 MAAR weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.

2 Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,

3 sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,

4 verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;

5 mense wat 'n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.

2 Timótheüs 3:1-5

Deur dit alles kan ons egter op die uitkyk wees vir geleenthede of situasies wat ons Hemelse Vader oor ons pad stuur, wat ons sal toelaat om mense rondom ons wat dalk bevrees is, te wys dat daar 'n Bron van Hoop en Volmaakte Liefde is, selfs in die donkerste van tye. Wanneer ek Psalm 37 lees, besef ek dat ons Hemelse Vader nie van ons sal vergeet nie, ten spyte dat dit partykeer lyk asof die kwaaddoeners en die ongeregtigheid in hierdie wêreld seëvier. Dis in Engels, maar ek glo u sal verstaan:

Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.

Jesaja 55:6

God het jou so lief dat Hy sy enigste Seun, Jesus Christus, gestuur het om vir jou sondes te sterf. Jesus het die dood oorwin en opgestaan uit die graf. Sy bloed het betaal vir al jou sondes, Hy het jou 'n kans gegee om hemel toe te gaan! Al wat jy hoef te doen, is om Sy wonderlike geskenk van redding te aanvaar.

As jy hierdie dinge doen, sal God jou sondes vergewe en jou hart verander! Vertel ander oor hierdie goeie nuus!

Is u gereed om die stap te neem? Kliek hier om meer uit te vind.

Kom ons kyk terug na wat met ons webtuiste in 2021 gebeur het. Ek wil in alle nederigheid die volgende statistiek met u deel. Onthou alle eer kom die Here toe en hierdie werk is om Sy koninkryk uit te brei:

2021 YouTube Summary