2011 Na 'n Jaar

Op 8 Januarie 2011 het die Hosea 4:6 webtuiste amptelik die wêreld gesien, of sal ek sê, het ons die webtuiste aan die wêreld bekend gestel. As ons terug kyk na 2011 kan ons sê dat die Here ons webtuiste geseën het.

Ons het meer as 1400 unieke besoekers van uit 40 lande ontvang. Dis natuurlik belangrik vir enige webtuiste dat die besoekers terug kom. Meer as 50% van ons besoekers het ons gereeld besoek. Hierdie statistiek oortref ons wildste drome en dit gee ook vir ons moed om hierdie werk voort te sit. Ons wil net alle lof en eer aan die Here toegee.

...maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde.

Handelinge 1:8

Baie dankie vir almal se gebede en goeie wense. Ons waardeer u terugvoer baie!

Mag die heerlikheid van die Here Jesus Christus u siel vul en Sy aangesig u lewe bestraal vir 2012.

Hosea 4:6 Span