2014 Kraakvars en besig

Sjoe, 2014 het vinnig gekom en ons is al amper in April. Vir die afgelope paar maande was ons druk baie besig om al ons webtuistes na nuwe sagteware te skuif. Ek wil dit nie weer gou doen nie. Ons het so pas die Hosea 4:6 webtuiste ook klaar gemaak.

U sal oplet dat ons groot verandering aangebring het:

Ons het lanklaas nuwe media verwerk, maar sal seker weer in April begin. Ons het ongelukkig nog nie ons bestelling van Suid-Afrika ontvang nie, maar het egter nog ? klomp media van Radio Tygerberg, van Dr. Soon Zevenster en Ps. Raymond Lomard, wat ons nog moet deurwerk. Hierdie media is ongelukkig net in klank formaat beskikbaar, maar ons sal dit na video verander en na YouTube oplaai.

As ons terug kyk na 2013 kan ons maar net weer besef en beklemtoon dat die Here ons deur hierdie moeilike jaar gedra het. Alle lof en eer kom die Here toe!

Ons top 10 besoekers vir 2013 was van die volgende lande:

  1. Suid-Afrika
  2. Kanada
  3. Australië
  4. Nieu-Seeland
  5. Verenigde State van Amerika
  6. Namibië
  7. Brittanje
  8. Nederland
  9. Botswana
  10. Ierland

Ons vra dat u asseblief vir ons sal aanhou bid sodat ons hierdie nederige werk kan voortsit. Ek wil graag my gunsteling Bybelversie vir u voorhou vir 2014:

Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.

Filippense 4:13